AFRIKA-STER





'n Ster verskyn aan die Afrika-kim

Dit skyn oor steenhuise; blink ook oor sink

Van Gauteng, Kwazulu, tot die Kaap-van-Hoop

Word Christus weer Kind en kom tussen ons loop



Refrein:



Die klokke  klink; die tromme tril

Die saxofoon maak onrus stil

Ons volg sy Ster en vind die Lig

Die Liefde het Sy Aangesig



Die Kind  is Koning; ons volg Sy Spoor

Oor vlaktes en berge kan ons Sy Stem hoor

Die sonboog bind oos-wes oor ons Paradys

Wat Hy aan die Suidpunt opnuut laat herrys



Refrein:



Die klokke klink; die tromme tril

Die saxofoon maak onrus stil

Ons volg Sy Ster en vind die Lig

Die Liefde het Sy Aangesig



Ons volkere word tot Sy één Volk verbind

Almal kry 'n Heimat in die Heilige Kind

Dwarsoor ons hartland wink Sy Ster-van-Hoop

Vind ons 'n diep vrede wat Sy bloed kon koop



Myra Lochner ( hersien:  2001)




Author's Notes/Comments: 

Kerslied vir 2001 vir my Hartland

View myrataal's Full Portfolio
tags:
Mada's picture

Baie mooi, Myra..
What a beautiful work of art. I see not all your work is posted on allpoetry.com. :) I'll have to read some more on this site.

-Mada

poetvg's picture

Lovely poem :*).

Ernest Bevans's picture

Beautiful song.
please post more
poetry here!

Cliff Spero's picture

Myra, I am really moved by this wonderful peice of poetry. A wonderful time to produce a poetical work of this nature. Thank you for all your encouragement.