NIE VIR DIE BLOTE OOG

hierdie gorgoonse wêreld spieël ek

in die skildglans van minerva

terwyl kassiopeia immer skyn

(tussen ander ydel sterre)

oor atlas se verstarde pyn

en ook oor die graniet van phineus

se geselle



verbluffend blink die weerwraak

wat medusa-kop monteer

hoe kan die teerder vegter

hom teen sَ 'n god verweer?

Author's Notes/Comments: 

Om na hierdie wêreld te kyk, moet jy eerder 'n spieël gebruik ...

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra Dan weer is onsself gode uit die gode en leef ons die spieël in die raaisel. Hoe wonderlik is dit nie om dit te mag doen nie! Ag, dis sommer net die pragtigste gedig! Groetnis Donkerman