MEERMIN

(vir ingrid jonker)





jy wat gesterf het

in vrugwater   deur Slaap gesoog

dat j‎ my moet terugsing

na waar die lig van Waarheid

kwesbaar Kruis ...



ek kan jou eien

aan die donker deining

in my are   aan die klots

van jou verlate voetval

in my hart



kon ek jou red

van die verleidelike Lied

se vals Vergeet!



nou proe ek egter

jou sout trane   in die see-asem

vind ek daagliks jou vergeefse

slierte   aan die spalkhout

van Verraad



kon ek jou red

van die troostelose Droom

se smet!



om jou verdrinkte krulle

in my son te droog

jou wange

en jou drywende leë hande ...

dat jy kon ma-wees

vir simone

Author's Notes/Comments: 

'n Digteres los op in die see, om in die see-asem terug te keer...

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra Uitstekend verbeeld. Ek is mal daaroor! Groetnis Donkerman

Nicolette Van der Walt's picture

Sy is nog altyd by ons, ne. Pragtige gedig.
Nicolette