Soos 'n boom by waterstrome (Psalm 1:3)

Saam met jou, vlinderhandvrou,

het ons 'n boom geplant:

'n mostertsaadjie skugter liefde

in swartbruin kreukelhande toegevou.



Die boomkind het egter sku ontwaak

en vaak dog gretig gedrink

uit die kristalhelder strome diep

in die vallei van moontlikhede.



Daarom, vrou van my hart,

kan ons nou in ons boom se skadu sit

waar ek jou teen my wil vashou



en op 'n tapyt van bloeisel beloftes

saggies in jou oor fluister:

"Ek is werklik lief vir jou."

Author's Notes/Comments: 

12 Desember 2009
Ons verlowing.

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio