ek wag vir jou

soos na somerreën die aarde smag

en op koel verligting geduldig wag



soos 'n albatros op sy eensame vlug

en 'n seilskip hoopvol dog ademloos sug



soos 'n arend bo die horison wil swewe

en wintergrou wil groen en bruis en lewe



soos 'n skoenlapperkind ingekokon

en 'n rivierloop vol kluite in die son



so en selfs nog meer sal ek wag

tot ons weer saam kan praat en sing en loop en lag

Author's Notes/Comments: 

vir johanni loubser

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio