Die drenkeling

midde-in die malende massa

en hulpelose skare

lê 'n drenkeling

uitgestrek

soos 'n baaier

in die son



deur 'n opening

sien ek opeens sy gesig

en steier sprakeloos terug:



O God!

Laat my tog nóú reeds

vrede vind!

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio