FORMULE VIR KLEURFANTASIE

[Ironie n.a.v. die vorming van "fancies" (gekleurde diamante) soos bv. Die Hope-diamant (ontdek 1669, Galconda, Indië), en die Tiffany-diamant  (ontdek 1878, Kimberley, Suid-Afrika)]







Laat hierdie ongeslypte Steen

~ die kosmiese Juweel ~

Jou allermins verveel!



Vir staalblou Hoop

Of Tiffany se skel kanariegeel:

Voeg by 'n enkele atoom

Van stikstof, of van boor

(slegs) 1 miljoen koolstof-atome

~ of 100 duisend, as jy sou wou ~

Om so die suiwer Witkristal

Tot kleurrefleksies om te toor



Definieer hierna die vroulikheid

Van vuur tot ys:

Daar glim 'n goue lewensaar

Onmeetbaar in karaat

Die maan se silwer skittering

Onpeilbaar in sterling



Opwindend 'n eensaam

Hierdie reis:



Raad teen die naderende Koue:

Ver-gevange sterre

(god-ogig geset)

In songoue kloue

Author's Notes/Comments: 

Vir DC Juweliers

View myrataal's Full Portfolio
myrataal's picture

Hallo Jaco!

Sjoe, jy skryf so pragtig ... ons taal is lewend en ryk.

Ek weet waarlik nie wat hier gebeur het met hierdie gedig nie ... ek sal die stelsel moet omseil. Miskien moet ek dit weer skryf en sommer inplak en kyk wat gebeur ...

Liefde hier vanuit George
Myra

roosblaar_drinkwater's picture

Voorstel as dit kom by leestekens (en Afrikaans het mos baie!):
kappie e = e^, bv. Ek le^ op my bed.
akuut e = e', bv. E'e'n van hart en siel.
gravis e = e`, bv. Gedoriewaar, ne`?
of so iets? Kan ons nie aan 'n standaard dink wat voorkom dat verwarrende blokkies die taal vir ander minder toeganklik maak nie.

roosblaar_drinkwater's picture

Liefste Myra, soveel mense trag die kontraste van die lewe skilder, maar as jy die lewe tegelyk 'n opwindende EN eensame reis noem, slaak my siel 'n sug van genoegdoening: ek ken ten minste een ander vir wie die getye soms selfs om die sekonde wissel... Jy is so 'n vrygewige mens, laat my maar net 'n rukkie by jou kaggelvuur sit en na die vlammedans staar alvorens ek die eensame reis met my sak vol herinneringe voortsit.

Jaco Ackermann