KLEUTER TOT KUBER

die aanvang was spontaan:

woordebelle wat blink klink

wat lag-lag gevang te word

deur oortjies soos handjies

wat ywerig raaktas ...



nou worstel ek woordryk

met kyk tik en klinkdink

hoe beelde vervang word

en handjies soos oortjies

hoor ... voelwoorde inpas ...





Myra Lochner   2001

Author's Notes/Comments: 

Hoe ouer jy is, hoe moeiliker gaan jy di� een verstaan!

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra Hoe goed onthou ek nie daardie eerste woordjies nie! Kan ons ooit in woorde sê wat ons harte wil vertel? Ek glo nie... 'n Gedig wat my ver laat dink het aan vergete oomblike - dae - lank verby, maar nie verganklik nie. Groetnis Donkerman