EK HOOR JOU STEM ...

ek hoor jou stem

en verwonder my dat die effense laggie

die rustigheid

en die stiltes

my so gelukkig maak ...

en ek luister en luister:

sonder om 'n woord te hoor



geluk en vreugde se oorsprong

is dikwels sَ gewoon

dat dit jou verras

en voordat jy dit mooi besef

voel jou pyn onvanpas



praat nَg

sodat ek kan voel

hoedat die pers dag geel word

sodat ek die son

kan ruik

Author's Notes/Comments: 

Soms streel 'n geliefde stem swart skaduwees tot sonskyn ...

View myrataal's Full Portfolio
tags:
. Donkerman's picture

Myra Hoe eienaardig dat elke stem by daardie spesifieke persoon pas - en dat geen ander stem daardie woorde op daardie selfde manier kan sê nie! Weer een van daardie gedigte wat my lank oor die see laat staar het. Groetnis Donkerman

Nicolette Van der Walt's picture

'n Gedig wat my so ver, ver laat dink het - aan stemme wat al gaan slaap of gegroet het. Pragtige, teer gedig vir 'n geliefde (stem)!
Nicolette