LENTE IS

Lente is

vir jou wat die skadu

soos 'n son met jou saamdra

vir jou wat die leë lêplek

van die Liefde bekla

vir jou deur droogte

se felheid verblind

vir jou liefs nie soekend

om liefs nie te vind

vir jou met die trompie

op die skemerpad

vir jou wat die hele los

en die halwe vat



Lente is

vir jou my hart:

hang bloeiselkranse

aan jou smart

nooi Lente in en sien verstom

hoedat die koue klippe blom

word kindjieklein om laag te buk

en vrugte van geluk te pluk

lig op jou kop om ver te kyk

en te sien hoe die siel

se blomtyd lyk



Lente is

vir jou wat wag

op die persketak

se rooiwangdrag

Author's Notes/Comments: 

I am born in September:
forever a Spring child.

View myrataal's Full Portfolio
. Donkerman's picture

Myra Ag, dis is te mooi! Groetnis Donkerman