KLOK

Luister liefs nié na hierdie klok:

die oorskulp sal die sein inhok

veel eerder: vَél die wind vibreer -

die stil stemvurk

sal registreer



Hoor liefs nie goed  luister nie fyn:

die klanke laat die klok verdwyn

veel eerder: sيén die bries wat roer -

die kopersiel

word meegevoer

Author's Notes/Comments: 

Mense skuil agter woorde.

View myrataal's Full Portfolio
. Donkerman's picture

Myra Vir die van ons wat die skuld lank genoeg vashou is daar fluisteringe van ongelooflike wêrelde wat nie vir ander bestaan nie... So 'n mooi gedig. Ai, is nie almal wat mooi in Afrikaans kan skryf nie - jy kan! Groetnis Donkerman

Christine M's picture

Woorde sê soms baie minder as dit wat die lyftaal verklap. 'n Diep gedig.