EK DRA U NAAM



(Ek het jou op jou naam

geroep: jy is Myne - Jes. 43 vers 1)



O Ewige Son!

in hierdie herfs-mite

van stroping en neerlaag

kring U arms koesterend

om my onoorwonne hart ...



U lig my َp

met die onsigbare krag

van Lig



Ek wat verwonderd

u Naam dra

kan met singende sinne

die stotter troef:



Ek sein U met voorbeplande

besitlikheid:



my Ra!




Author's Notes/Comments: 

My Son is Jesus Christus ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: