GOUDSMID





Deur louter en deur plet

Word lou allooi

Vurig verwerk

Smeebaar en silwerskoon

Geset





Deur granulasie of sierwerk

Bevestig Hy

Die ryk patroon

Die siel se prikfyn silhoeët



Met eerbied word die Vrou getooi:

Verruklik

Om haar slanke nek

Tienduisend jare

In bestek




Author's Notes/Comments: 

Vir DC Juweliers as deel van my Juweelreeks, "Evalusies"

View myrataal's Full Portfolio