RETROVROU





(vir DC Juweliers)





Vrou van herthorings en van hout

Met haartooisels van klip en been

Vir geesdrif, smeulende lasuur

Vir vrugbaarheid, die amber vuur ~

As amulet vir wens en seën:

Die pêrelgladde hartskulptuur



Vrou van halskettings van goud

Sirkels geskakel ring-in-ring

Vriendskap se windstil rosekwarts

Is goed vir ‘n gebroke hart;

Koringblomblou Kashmir-saffier

Vir jَْ, serene Edelsiel!



Vrou van gespelde Fleur-de-lys

Met polsbande van filigraan

Vir passie:  Burma se mogok*

Vir tekstuur:  pêrels van Barok

As jy steeds suiwering verlang

Mag jy ‘n poolster voor jou hang



*helderrooi duur robyn

Author's Notes/Comments: 

"Retro" dui op die wegbeweeg van geometriese ontwerpe, terug na antieke juweliersontwerpe.

View myrataal's Full Portfolio