HAIKOE: VERLIES

water dupliseer

die wêreld: sagter, dowwer

verdubbelde leed



brander se breekslag

die sakkende son splinter

spoel uit in skerwe



hier lê 'n veertjie

iewers sweef die gevlerkte

onvolledig voort



die see dein verder

dein verder as sien ... as son

ook in donkerte



die maal is verby:

ek skud die tafeldoek uit

'n vlinder vlieg weg



musikale rou

één duif herroep koer-kore

weggebrande woud



wildegans vertek

gly-gly   verlang se sysie

flap kortasem saam



geheimsinnig, j‎

wat betekenis put

uit troebel water

(geskryf deur my broer, in 'n droom van my)



swaeltjie sirkelsoek

van sondag tot donkernag:

sy wyfie vermis



bruin brokkelklei swyg

stukkende swaelnessie

voëlverlate



agt pootjies gevou

in tevergeefse gebed

dooie spinnekop

Author's Notes/Comments: 

Verlies vra min woorde...

View myrataal's Full Portfolio
tags: