FAMILIEKERKHOF

(glenheath  ruiterbosch dist. mosselbaai)





die wind het uit vrye wil

'n pad gestippel

met die waaisaad

van die jakopregop

vanaf voortuin tot kerkhof

tussen droë stoppels

wat eers kweeksag was



ek volg die roete

lynreg

opslag-spore

deur suisgras

en oor norfolknaalde

struikel oor graspolle

buk stram deur doringdrade



die verlede los skielik

'n tortel

uit 'n verdorde den;

wéérklank

kom sirkel

oor die stilte gespan

oor oupa se marmernaam



'n kénklank:

ja, dيt is dan soos wat 'n soel

laatmiddag voel

in juniemaand ...:



'n sagte, dag vir dag

Vlerkslag

nou reeds geslagte lank

die groetklank


Author's Notes/Comments: 

Ek gaan stap sporadies in die spore van my oorsprong ... om my Bestemming te onthou.

View myrataal's Full Portfolio
tags: