WAT NOU VAN FRYKENHUIS SE DROME

wat nou van frykenhuis se drome?



die wilde wind word ongetem gelaat

die onsigbare tuin

- waar wense soos trekvoëls talm

gedagtes soos bytjies nektar teug

waar hadidas saans die dag nلgalm

en lelies engele lok -

verdwyn tussen vergete goed



ander sal nou die tuinmuur bou

die deure laat skarnier

die thor hoor tier



en op 'n vlamrooi aand

vir God dophou

vanuit die nok

Author's Notes/Comments: 

Voor verhuising ...

View myrataal's Full Portfolio