WELKOM TERUG

(vir ouma Issie)







joe-hoe!



ouma se welkomroep

weergalm bult-op

vanaf die breë stoep

weerspreek

die stroefheid van die kerkhof

gebed in pikswart marmer

warmgebak in die winterson



die leë opstal kry opeens

weer lewe

die skoorsteen yl die asem

van die dover-stoof

die witkopkind sluip

uit my koue hart

gaan hurksit in herinnering

se koesterende haard



los op in stoom ...



gister

skielik die koorsdroom

se môre:



ek is terug

Author's Notes/Comments: 

Ouma Issie se groet was vir my sinoniem met die welkom in die familie-haard ...

View myrataal's Full Portfolio