MY PERS VRIENDIN

(vir Leonora)





vanoggend was jou oë pers:

die diep violet so effens troebel

soos 'n vers in herfs

deurdrenk van heimwee

én van 'n gedweë oorgee



jy raak so stil verlore in my woorde,

dat ook die letters op die bladsy swyg.



ek kyk en kyk

- vergeet half dat die sluiter sluit -

opnuut gefassineer deur hierdie oog

se eerlikheid



as ek uiteindelik die foto

deegliker beskou,

word ek ineens so diep ontroer

oor لl die pers wat blitssnel

voor Sy oog ontvou ...

Author's Notes/Comments: 

... gedagtes tydens 'n fotoneem-sessie ...

View myrataal's Full Portfolio