MY BLOUPERS SNOER

my vrouwees vra satyn en kant

en dromerige room geluk

winterwit vere, Wit Olifant

se méters tulle - strelend

gestrik



my vrouwees vra drapeersels flair

soms éffens flambojant

organza-rose-brassiére

o, wonderlik verruklik!



maar steeds dra ek my bloupers

snoer... my bloupers snoer van pyn

my glanswit pêrels is vervang:

trane word cabernet



sien jy die swiep van sagte sleep

en draal die geur van pers

wéét dan die pyn verslap sy greep

bedrieglik in 'n vers ...


Author's Notes/Comments: 

... vrouwees is dikwels onvervuld-wees ...

View myrataal's Full Portfolio