VIOOLTJIE-VROU

groen vingers koester

die kwesbare kern -

die purpervrug

wat stil voed op die weemoed

van die halfsonlig



'n deuntjie word gerepeteer:

viooltjieklanke

onmiskenbaar in mineur

gee aan die groen

kleurkoester terug



viooltjie-vrou:  die dag word grou

viooltjie-vrou:  ek skryf vir jou

Author's Notes/Comments: 

...'n persoonlike troosversie vir myself ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: