LILA-LIED

dié takkie

met sy tikkie geur

laat drome binne my gebeur

gedemp gekleur

dié takkie



laventel nooi

beskeie binne

luister hoe rit-ritsel my sinne

soetklinkend minne-

lied laventel



dié bossie

met 'n wens gestrik

voorspel vir my gewis geluk

vreemd verruklik

dié bossie

Author's Notes/Comments: 

...Van Gogh se laventelvelde ...

View myrataal's Full Portfolio
tags: