PERS VERS

(vir Susan)



die skadukolle in die kloof

is son genoeg

vir iris met haar kleurreënboog

versigtig vasgeweef in spinnerak-

gesnoerde dou



sag op die oog

val groenpers loof

se spuitfontein wat pers ontvou

wat ligter pers word

soos my rou



verliese kies die lanfer uit

maar goud word deur die hart

onthou:



die swartste pers

kan son nie stuit

Author's Notes/Comments: 

... lanfer en goud is twee verskillende roetes; kleursperspektiewe wat die gemoed beïnvloed ...

View myrataal's Full Portfolio