Een

Een en een is soet alleen
waar vraag en antwoord nie heen
en weer nie, maar onhoorbaar
deur die doolhofgange vaar.

Twee soos een as ligte werk
jou dronkdors skepgoed vul.  Perk
en grens sku weggewens wyl
feevoet filosowe yl.

Een is een en tog geseën
as moeë reisigers een
vir een hul kruike kom vul -
waan en wanhoop weer gekul.

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio
tags:
myrataal's picture

Pragtige woordspel, pragtige sentimente ... 'n Sprankelvers gevul met daardie tikkie pyn, wat woorde waarlik digmaak.

Jy skryf diep dinge. So moet 'n mens delf om die "feevoet filosofie" uit daardie kruik te haal!

Liefdegroete
Myra