vandag wil ek vir jou soet woorde skryf

 

vandag wil ek vir jou soet woorde skryf
gekleur met hemelblou en groen olyf
en kalkwit swane teen die swartste swart
die lig en skadu van my dromershart

my veerpen skeur die droë aarde oop
en laat jasmyne uit haar wonde loop
ek lag terwyl ek plate rose plant
ek pluk geel vlinders vir jou melkwit hand

maar waarom bly my hemel eenkant snik?
- 'n wees wat tussen slaap en vrees moet wik
die kromvlerk duif wat oor jou oë hang
bly roep die roep van rusteloos verlang

geweeg, geweeg, dog nie te lig bevind?
jou man is ek is nog maar net 'n kind

Author's Notes/Comments: 

Vir my liefling vrou, Johanni.

View roosblaar_drinkwater's Full Portfolio